Brittanje, Ysland se bondgenoot…

Dat Ysland probleme het, is geen geheim nie. maar dat Brittanje, 'n vriend en NAVO-bondgenoot, die land groot skade berokken het, is minder bekend. Dit het drie weke gelede begin toe Brittanje stappe geneem het om terrorismewetgewing teen Ysland in te span. Dit het die VK in staat gestel om Britse bates van 'n falende Yslandse bank te bevries.

Minister van buitelandse sake, Ingibjorg Solrun Gisladottir, was heeltemal met afgryse vervul toe sy op die Britse Tesourie se webtuiste sien dat Ysland by die lys van terreurstate gevoeg is saam met Al Kaida, Noord-Korea en Soedan.

Om op só 'n lys te verskyn in die huidige ekonomiese klimaat, is 'n nagmerrie. Niemand wil met 'n terroristestaat sake doen nie en die toevoeging van Ysland het oornag daartoe gelei dat geen buitelandse instansie meer besigheid wil doen met Ysland nie.

Die Yslandse eerste minister Geir Haarde het Brittanje intussen daarvan beskuldig dat hulle 'n klein buurman boelie en dat die optrede "buite verhouding" was. Twintig persent van Yslanders dink Gordon Brown het Ysland vir sy eie politieke doelwitte opgeoffer deurdat hy 'n ernstige situasie in 'n nasionale fiasko omgeskakel het.

Dit is nou bykans onmoontlik om buitelandse valuta in Ysland te bekom of uit te kry. Invoerder en uitvoerders sit met hulle hande die hare. Baie Yslanders vra nou wie die werklike terroriste is, hulle of die Britte.

Dit gaan beroerd in Ysland, met werkloosheid wat die hoogte in geskiet het, kos wat onbetaalbaar duur geword het en salarisse wat bevries is.

Die Britse stap het Ysland met 40 tot 50 jaar teruggesit toe dit nog 'n arm vissergemeenskap was. Hulle het solidariteit van vriendelike lande nodig gehad, maar besef nou dat Brittanje nie die vriend was wat hulle gedink het hulle het nie, sê die owerhede.

с чего начать строить банюЛобановский Харьков

Maak 'n opvolg-bydrae