Zambi? kry Mugabe-ondersteuner vir president

‘n Veteraan van die regerende party is Sondag ingesweer as die nuwe President van Zambië, en hy het belowe om die vryemarkbeleid wat handel met China laat uitbrei het, voort te sit.

Sy populistiese teenstaander, wat gewaarsku het teen buitelandse uitbuiting, en wat belowe het om sosiale programme meer te beklemtoon, het ná bewerings dat daar ekstra stembriewe gedruk is, gesê hy sal die stemme teenstaan. Maar buitelandse waarnemers het gesê dat hulle tevrede is met die uitkoms van die verkiesing.

Rupiah Banda (72) het as tussentydse president opgetree sedert die dood van president Levy Mwanawasa. Hy het die verkiesing gewen en is onmiddellik na die stemme klaar getel is, ingesweer as president om die oorblywende drie jaar van Mwanawasa se vyfjaartermyn uit te dien.

“Ek belowe om ‘n agent te wees van stabiliteit, goeie regering en om teen korrupsie op te tree” het Banda in sy inhuldigingseremonie gesê.

Verder het hy ook gesê dat hy sal optree teen armoede, aangesien armoede vernederend is.

Amptelike uitslae het getoon dat Banda 40% van die stemme gewen het, en sy opposnent, Michael Sata 38% van die stemme. Die twee ander kandidate het ver agter geëindig.

Een van Banda se eerste prioriteite is om die ineenstorting van Zambië se hoofuitvoerproduk, koper, aan te spreek.

Hy is ook van voorneme om die bande wat Mwanawasa met China gesmee het verder te versterk. Onder die regering van Mwanawasa, het buitelandse hulp gestyg van $71,7 miljoen in 2001 tot ‘n geskatte $4 miljard in 2008, met $1 miljard wat van China afkomstig is.

President Robert Mugabe van Zimbabwe was saam met die presidente van Suid-Afrika, Malawi en Tanzanië by  die inhuldigingseremonie gewees. Banda het nog nie buitelandse beleidsverklarings gemaak nie, maar Mwanawasa was baie krities  teenoor Mugabe omdat hy aan sy mag bly vashou het terwyl Zimbabwe se ekonomie in duie stort.

In kontras was Sata baie sterk in sy ondersteuning van Mugabe, wat toenemende meer geïsoleerd staan, selfs onder tradisioneel simpatieke Afrikaleiers.       

no deposit gamblingДанильченко Юрий отзывы

Maak 'n opvolg-bydrae