Die Europese Unie het Woensdag een van die hoogste boetes ooit opgelê vir kartelaktiwiteite, op wat hulle noem ‘n “paraffienmafia” wat daarvan beskuldig word dat hulle pryse en markte gemanipuleer het.
Globale ekonomiese krisis knou SA ook hard
15:21:48 Die globale finansiële krisis kan Suid-Afrika se ekonomiese probleme vererger, het Sanlam se groepekonoom, Jac Laubser, Woensdag gesê. Hy het verder gesê dat die onsekerheid kan voortduur en dat versigtigheid belangrik is.
Man gearresteer n? bomgrappie
15:24:17 ‘n 26-jarige man van Pretoria is gearresteer nadat hy beweer het dat hy ‘n bom in sy bagasie het net voordat hy op ‘n vliegtuig by die Port Elizabeth-lughawe sou klim.
Audi waag dit op die water
18:07:55 Ja, dit is ook net die manne in Doebai wat sulke goed sal aanvang. Kyk na hierdie boot.
Knip daardie sigaar in styl
18:06:23 Hier is die mees bekostigbare Lamborghini ooit. Hy sal jou so R1200 tot R1400 uit die sak jaag.
Viva Krimokrasie, Viva!
Ek wonder of die ANC gedink het voordat hulle gepraat het, toe hulle onlangs die stelling gemaak het dat nie slegs minderheidsgroepe die teikens van moord in SA is nie.
Bentley Arnage Final, die einde van ‘n era
13:47:01 Die Bentley Arnage is in 1998 bekendgestel. So ‘n hele dekade van ongekende sukses het nou aan sy einde gekom. Bentley het besluit om die Arnage te begrawe deur die modelreeks te beëindig met ‘n spesiale weergawe, die “Final Series”.
De Klerk prys SA ‘suksesse’
FW de Klerk het Dinsdag die gladde oorgang van president Thabo Mbeki se regering na president Kgalema Motlanthe se bewind geprys.
Hy het egter gewaarsku dat die suksesse wat die afgelope veertien jaar behaal is, nie vergeet moet word nie.
Nou gaan ons belas word vir ons rekenaarnetwerke
08:42:41 Het jy 'n rekenaarnetwerk by die huis of in jou (klein) sakeonderneming? Selfs net 'n kleintjie waar jy en jou gesin 'n internet-verbinding deel? Indien wel, is daar moontlik slegte nuus vir jou en jou beursie.
Lees verder: Nou gaan ons belas word vir ons rekenaarnetwerke
Mboweni ontvang prokureursbrief
'n Brief waarin die Reserwebankgoewerneur Tito Mboweni gevra word om om verskoning te vra omdat hy 'n aandeelhouer daarvan
beskuldig het dat hy op 'n rassistiese manier gepraat het by die bank se algemene vergadering is aan sy persoonlike prokureurs gestuur om te hanteer, het die woordvoerder Dinsdag gesê.
