Volgens hom is die plaaslike ekonomie op ‘n afdraande pad wat nog nie sy laagtepunt bereik het nie.
Ekonomiese groei het tot onder 2% gedaal in die derde kwartaal, vergeleke met 4,9% in die tweede kwartaal.
Volgens Laubser het die globale ekonomiese krisis verskeie kanale oopgemaak waardeur die afwaartse swaai in die ekonomie vererger kan word.
Uitvoervolumes en -waardes kan onder verdere druk kom, met ‘n gevolglike negatiewe impak op die lopende rekening.
Suid-Afrika se handelsvoorwaardes kan onder druk kom en kapitale invloei kan gevolglik afneem.
Indien uitgawes op infrastruktuur sou aanhou, kan dit die ekonomie help dra, maar dit kan nie totaal kompenseer vir al die ander negatiewe invloede nie.
Laubser sê dat Suid-Afrikaanse maatskappye net soos globale maatskappye, ook druk gaan op hulle winste gaan ervaar.
Ten spyte van waardasies wat wissel van goedkoop tot middelmatige pryse, gaan plaaslike aandele sukkel om mee te ding in ‘n globale beermark.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.