Mboweni ontvang prokureursbrief

'n Brief waarin die Reserwebankgoewerneur Tito Mboweni gevra word om om verskoning te vra omdat hy 'n aandeelhouer daarvan

Image

Tito Mboweni

beskuldig het dat hy op 'n rassistiese manier gepraat het by die bank se algemene vergadering is aan sy persoonlike prokureurs gestuur om te hanteer, het die woordvoerder Dinsdag gesê.

"Ons het die brief aan mnr. Mboweni se prokureurs (Werksmans) gestuur en hulle hanteer dit nou," het die woordvoerder vir die kantoor van die goewerneur Samantha Henkeman gesê en bygevoeg dat dit nie die bank se prokureurs was nie maar Mboweni s'n.

Die brief – van 'n aandeelhouer se prokureur – is Vrydag aan die bank gestuur ná 'n opmerking wat Mboweni aan Mario Pretorius by die jaarvergadering van 19 September gemaak het.

Volgens die brief het Pretorius Mboweni by die jaarvergadering gevra om die vergadering tot orde te roep waarna die goewerneur geweier het en Pretorius met die woord "skokkend" gereageer het.

Dit het verdere reaksie van die goewerneur ontlok wat gesê het dat Pretorius nie met hom moet praat soos blankes met swartes tydens die apartheidtyd gepraat het nie.

"Ek sal jou nie toelaat om met my te praat soos wat blankes destyds met swartes gepraat het nie," het Mboweni na bewering gesê.

Pretorius, deur sy prokureur, Johan van Huyssteens, het 'n openbare verskoning gevra vir die aantyging dat hy met die goewerneur op 'n rassistiese manier gepraat het.

Die brief eis dat Mboweni sy verklaring moet terugtrek en onvoorwaardelik om verskoning moet vra deur middel van 'n brief en 'n openbare verklaring in die media.

Indien Mboweni nie sy verklaring terugtrek en onverwoorwaardelik per brief en in die media om verskoning vra nie, het Van Huyssteens gesê dat Pretorius 'n eis teen hom en die SARB van R1-miljoen gaan instel.

Mboweni kan verdere eise om skadevergoeding van Pretorius in die gesig staar, het die brief gelui.

"Indien u ongevraagde etikettering van ons kliënt as 'n rassis sy sake negatief beïnvloed, behou hy vanselfsprekend die reg voor om verdere skadevergoeding van u (Mboweni) en die SARB te eis," het die brief verklaar.

Mboweni se regsverteenwoordigers kon nie onmiddellik vir kommentaar bereik word nie.

промышленный светодиодныйАлександр Фильчаков Васильевич

Maak 'n opvolg-bydrae