Mouton se reaksie op Gustav Venter se skrywe het n paar tong-in-die kies-gedagtes by my laat opkom.
So vind ek Mouton se "aanval" op Gustav Venter se Christenskap ietwat irrelevant. Waarom moet sommige mense alewig kruidjie-roer-my-nie houdings inslaan as dit by godsdiens kom?

Die geval Carl Niehaus is maar bloot die jongste in 'n reeks waartydens die geldgierigheid, oneerlikheid en korrupsie van linkse politici op die lappe gekom het. Voorheen was daar Winnie Mandela, Allan Boesak, Tony Yengeni, Shabir Shaik en die parlementêre reisskandaal.