Mugabe koop huis van R56m in Hong Kong

Zimbabwiese president Robert Mugabe het 'n huis van $5,6 miljoen (R56,5 miljoen) in Hong Kong gekoop, het Brittanje se Sunday Times gesê.

Volgens anonieme bronne in Zimbabwe, het die koerant 'n tussenganger geïdentifiseer wat gesê het dat hy gehelp met die koop van 'n drieverdiepinghuis, in 'n ommuurde kompleks in 'n eksklusiewe gebied in Hong Kong.

Dit is verlede jaar gekoop toe Mugabe se 20-jarige dogter begin studeer het by die universiteit van Hong Kong, het die koerant gesê. Die koerant het verder berig dat dit net een van 'n hele paar eiendomme is wat die Mugabes in Asië besit, maar die eerste een wat gedokumenteer is.

Spekulasie het verskerp gedurende verlede jaar se verkiesing dat Mugabe dalk op soek is na 'n manier omweg te kom na hy die eersterondteverkiesing teen die MDC se leier Morgan Tsvangirai verloor het.

Hy het egter Westerse versoeke dat hy moet aftree geïgnoreer en verlede week 'n koalisieregering met Tsvangirai aangekondig.

трансформерыАлександр Фильчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae