Nog twee sterf aan cholera

'n 49-Jarige vrou en 13-jarige seun is dood van cholera in Louis Trichard, het die Limpopose departement van gesondheid Maandag gesê.

Woordvoerder Phuti Seloba het gesê die vrou het verlede Woensdag gesterf en die seun Donderdag.

Die dood van die twee mense bring die dodetal op 23 te staan in die provinsie.

Oor die naweek is 50 nuwe gevalle aangemeld.

'n Totaal van 4459 mense is behandel sedert die uitbraak van die siekte in die provinsie laat verlede jaar.

оборудование для складапрокурор харьковской области