Bestuur van TUT en stakende personeel na KVBA

Die bestuur van die Tswhane Universiteit vir Tegnologie (voorheen die Pretoria-tegnikon) en stakende personeel gaan waarskynlik Dinsdag 'n verteenwoordiger van die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie ontmoet, het die ministerie van onderwys gesê.

Die besluit is Maandag geneem na 'n vergadering van 6 ure lank tussen die twee partye en die minister van onderwys, Naledi Pandor.

"Hulle het ingestem om die KVBA toe te laat om in te gryp sodat sake opgelos kan word. Hulle het onderneem om die saak so gou moontlik op te los…hulle is toegewy om die saak af te handel," het die ministerie woordvoerder Lunga Ngqengelele gesê.

Pandor is ingetrek om tussenbeide te tree in 'n salarisonderhandelingsdispuut wat aan die begin van die akademiese jaar  die instelling tot stilstand gebring het.

Sedert die staking deur Nasionale onderwys, gesondheid en verwante beroepe werkersunie begin het op 24 Januarie, is registrasies uitgestel op meer as twee geleenthede en klasse het nie weer hervat nie.

Die universiteit het verlede week besluit om te sluit "vanweë die bedreiging van die sekuriteit van nie-stakende personeel, studente en eiendom van die universiteit," het TUT woordvoerder Willa de Ruyter gesê.

Dit het gevolg na 'n insident waarin 5 mense beseer is, ingesluit 'n joernalis toe polisie met rubberkoeëls geskiet het op protesteerders by die Pretoria kampus.

ANK-jeugliga leier Julius Malema en die nasionale sekretaris van die Jong Kommunisteliga Buti Manamela het studente toegespreek by die instansie waarna geweld uitgebreek het.

Na die vergadering Maandagaand het De Ruyter gesê: "Die dooiepunt is nog nie opgeklaar nie en daar is steeds geen aktiwiteit by die universiteit nie."

"TUT wil om verskoning vra vir al sy aandeelhouers en studente vir die ongerief wat die staking van aktiwiteite by die universiteit mag veroorsaak. Die staking van aktiwiteite by die universiteit sal nie aandeelhouers en studente op enige manier bevooroordeel nie," het De Ruyter gesê.

всероссийская федерация парусного спорталобановский класс

Maak 'n opvolg-bydrae