SAL-personeel weer vasgetrek op Heathrow

Vyftien SAL-bemanningslede is Maandag gearresteer by Londen se Heathrowlughawe weens die besit van onwettige goedere, het die lugdiens gesê.

Woordvoerder Robyn Chalmers het gesê die bemanning van vlug SA234 van Johannesburg na Londen is deur owerhede aangehou nadat onwettige goed in die bemanningsbus by die lughawe gevind is.

"Dit volg op verlede maand se insident waarin SAL-bemanningslede gearresteer in Londen na onwettige goedere op die bemanningsbus gevind is," het Chalmers gesê.

Op 20 Januarie het Britse amptenare 50kg dagga en 4kg kokaïne in drie tasse gevind wat aan SAL-lede behoort het. Die geskatte waarde van die goed was omtrent 300 000 pond.

SAL het bestaande sekuriteitsmaatreëls verskerp na dié insident, insluitend die verandering van sekuriteitsisteme, fisiese deursoeking van bagasie en die gebruik van honde om sakke te deursoek

instawowphoto.netлобановский александр досье