Jagters onderhandel met SAA na skokbesluit

Die Professionele Jagtersvereniging van Suid-Afrika (Phasa) onderhandel met die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAA) om kliënte se jagtrofeë te vervoer. Dit volg nadat die SAA in April ’n verbod geplaas het op die vervoer van jagtrofeë van renosters, olifante en leeus nadat die Australiese lugvaartowerheid hom beboet het omdat versteekte ivoor op ’n SAA-vlug gevind is. Adri

Lees verder: Jagters onderhandel met SAA na skokbesluit

Wolk hang oor Sepp Blatter

Die president van die sokkerbeheerliggaam, FIFA, Sepp Blatter, het Dinsdag sy bedanking aangekondig. Bewerings van korrupsie in die liggaam is steeds besig om verder uit te kring. Die 79-jarige Blatter het met die aankondiging van sy uittrede gevra dat ‘n buitengewone kongres belê word om ‘n opvolger vir hom te kies. Die VSA ontken dat

Lees verder: Wolk hang oor Sepp Blatter

Honderde vermis na passasierboot in China omslaan

‘n Reuse-reddingsoperasie is steeds aan die gang op die Yangtze-rivier in die suide van China waar ‘n passasierskip met meer as 450 mense aan boord tydens ‘n storm omgekantel het. Honderde word vermis wat op die Eastern Star gereis het, tydens ‘n storm op die rivier omgeslaan het. Honderde mense is vermoedelik steeds binne die

Lees verder: Honderde vermis na passasierboot in China omslaan

Malema se setel is veilig na SAID skielik onttrek

Julius Malema se setel in die parlement is veilig na SAID, in ‘n onverwagse wending, laat Maandag sy sekwestrasie-aansoek teen Malema laat vaar het. Die Ekonomiese vryheidsvegters se leier is deur die Inkomstediens laat vervolg. Die voorlopige sekwestrasiebevel, wat sedert Februarie verlede jaar reeds oor sy kop hang, is ook opgehef nadat die SAID-advokaat Nic

Lees verder: Malema se setel is veilig na SAID skielik onttrek

Slaweskip by Clifton ‘gedenk’

Die jongste hoofstuk van “wit skuld” word in Kaapstad opgevoer waar die “verhaal van slawerny ontvou”. Die oorblyfsels van ‘n wrak van ‘n slaweskip wat gesink het naby Clifton, die São José-Paquete de-Afrika, was ‘n Portugese skip met swart slawe uit Mosambiek. Die skip was op pad na Brasilië, met meer as 500 swartes van

Lees verder: Slaweskip by Clifton ‘gedenk’

Rukwinde, reën en sneeu

Sterk rukwinde in die Paarl in die Boland het daartoe gelei dat minstens een persoon beseer is, het RSG berig. ‘n Vragmotor het ook by die Hugenotetonnel omgeslaan. Volgens die nooddienste het die man aan sy huis se dak in Groenheuwel gehang om te verhoed dat dit weg waai. Hy het ernstige snywonde opgedoen en

Lees verder: Rukwinde, reën en sneeu

R22 miljoen om Eskom se geldprobleme te bekyk

Sowat R22 miljoen word begroot vir die ondersoek om Eskom se finansiële probleme te ondersoek, het ANA berig. Minister van Openbare Ondernemings, Lynne Brown, het vandag gesê die geld sal uit Eskom se eie sak betaal word. Volgens haar sal geld intern geherstruktureer word. Dit kom na ‘n vraag van die VF Plus in die

Lees verder: R22 miljoen om Eskom se geldprobleme te bekyk

Miljoene verkwis op verlate behuisingsprojek

‘n Behuisingsprojek in Batho by Bloemfontein wat vermoedelik miljoene rande gekos het, is nou verlate en die sowat 21 halfgeboude huise is in ‘n vervalle toestand. Die projek is vermoedelik deur die Vrystaatse department van menslike nedersettings in 2005 begin. Volgens inwoners het die kontrakteur die perseel verlaat. Diegene op die begunstigdelys is nou steeds

Lees verder: Miljoene verkwis op verlate behuisingsprojek

Leeu wat toeris doodbyt nie van kant gemaak

Die leeu wat ‘n Amerikaanse toeris in die Leeupark in Johannesburg doodgebyt het, sal nie van kant gemaak word nie. Die vrou is gistermiddag aangeval toe sy en ‘n manlike metgesel met ‘n motor in die park gery het. Haar venster was oop toe die leeu haar aangeval het. Die bestuurder van die Leeupark, Scott

Lees verder: Leeu wat toeris doodbyt nie van kant gemaak

WGO spreek kommer uit oor glifosaat

Die Wêreldgesondheidsorganisasie het onlangs bevind dat glifosaat moontlik kanker kan veroorsaak. Glifosaat is die grootste onkruiddoder in Suid-Afrika. Ten minste 100 produkte bevat dié middel. Ná die WGO se bevinding het miljoene mense oor ses kontinente, 56 lande en 452 stede weer opgeruk teen die Amerikaanse multinasionale maatskappy Monsanto se produk Roundup. Glifosate word ook

Lees verder: WGO spreek kommer uit oor glifosaat