Twee leiers van die Nasionale Vryheidsparty is in die noorde van KwaZulu-Natal doodgeskiet. Die twee was saam met ‘n derde persoon op pad terug van ‘n vergadering toe daar op hulle geskiet is. Die voorsitter en sekretaris van die Umsinga-tak is op die toneel dood en die derde persoon is in ‘n ernstige toestand in
Condi Rice nog steeds gewild onder Amerikaners
Condoleezza Rice, die voormalige Amerikaanse minister van buitelandse sake onder George Bush, sê sy sien haarself nie as Mitt Romney se vise-president-spanmaat in die komende verkiesings nie, maar twee-derdes van die kiesers het ‘n baie hoë dunk van haar. Rice se naam was verlede week andermaal in die nuushooflyne toe Romney haar genoem het as
Boervrou deur twee swartes doodgewurg
‘n Boervrou, Henna Smit (75), is Donderdagaand op die plaas Theerivier sowat 20km buite Citrusdal deur twee swartes verwurg, berig die Burger. Die stasiebevelvoerder van die Citrusdal-polisie, lt.kol. Cisce Coetzee, het gesê die lyk is Vrydagmiddag deur haar seun in haar huis gevind. Hy woon ook op die plaas in ‘n ander huis sowat 30m
Hoe Suid-Afrikaners ondergrawe word deur e-tol
Die ooreenkoms tussen Sanral en Kapsch Oostenryk, die e-tolbedryfsmaatskappy is nie met die korporatiewe entiteit nie, maar met Kapsch Swede. Kapsch Swede was eers SAAB, ‘n 50%-aandeelhouer in ‘n maatskappy genaamd SANIP. British Aerospace hou die ander 50%. SANIP is na bewering die voertuig wat gebruik is deur SAAB en BAE om die beweerde omkoopgeld
VF+ verwelkom mediaverslag
“Die Vryheidsfront Plus verwelkom die aanbevelings van die Persvryheidskommissie (PVK) in hul verslag oor die toekomstige regulering van die media. Die voorstel dat oorsig oor die media tussen die publiek en die media gedeel word in teenstelling met die huidige self-regulering van die media, is een van die voorstelle wat die VF Plus gemaak het
Republikeine se buitelandse beleid?
Die VSA sal moet voortgaan om die leiding te neem om probleme in die wêreld aan te spreek en te probeer oplos. Dit sal dalk toenemend in koalisies met bevriende lande gedoen moet word en sonder die goedkeuring of instemming van ‘n halsstarrige Veiligheidsraad in die VN. Hierdie sterk, maar omstrede standpunt is die afgelope
Malema sal nie vervang word nie
Die ANC-jeugliga sal nie sy geskorste leier, Julius Malema, vervang nie, het Sunday Times berig. Ronald Lamola, die adjunk-president, sal die rol van waarnemende president oorneem, soos deur die jeugliga se grondwet bepaal word. Hy het egter gister aan dié koerant gesê hy aanvaar nie Malema se skorsing nie. “Niks het verander nie,” het hy
Metropolisie wat smous aanrand steeds aan diens
Vier Johannesburgse metropolisiebeamptes wat op video vasgevang is dat hulle ‘n ou smous aanrand in Midrand, is steeds aan diens, het die Citizen-koerant gister berig. Die bruin woordvoerder van die metropolisie, superintendent Wayne Minnaar, het dit bevestig aan die publikasie, maar beklemtoon dat hulle nie aanranding deur sy beamptes aanvaarbaar vind nie. Andries Ndlovu, (37),
Lees verder: Metropolisie wat smous aanrand steeds aan diens
Laat politieke gevangenes vry: Azapo
Die Azanian People’s Organisation (Azapo) glo dat die spesiale afslag van vonnis wat deur president Jacob Zuma aangekondig is, is ‘n taktiek om sy voormalige finansiële adviseur Schabir Shaik vry te laat, volgens ‘n berig Maandag. “Ons glo die oorkoepelende kwytskelding word slegs as ‘n afleiding gebruik omdat Zuma beoog om Shaik te help, ‘n
Suid-Afrikaner vas in Soedan
‘n Suid-Afrikaanse ontmyningsmaatskappy het Sondag gesê twee van sy werknemers is deur die Soedannese weermag ontvoer terwyl hulle aan ‘n ontmyningskontrak in Suid-Soedan gewerk het. ‘n Woordvoerder van die Soedannese weermag het vroeër beweer die mans is in hegtenis geneem omdat hulle vir Suid-Soedannese magte gewerk het. Ashley Williams, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse staatsbeheerde
