‘n Man het in ‘n valskerm-ongeluk by ‘n valskermklub in Carletonville, wes van Johannesburg, gesterf, het die Valskermvereniging van Suid-Afrika gesê. Roelof Hattingh (39) was Saterdagmiddag besig met ‘n solo-sprong toe die voorval gebeur het, het Mark Bellingan, woordvoerder van die vereniging, in ‘n verklaring gesê. Hattingh se valskerm het doelmatig oopgemaak, maar het wegbeweeg
Malema-bondgenote kry die wind van voor
Bondgenote van die geskorste ANC-jeugligaleier Julius Malema kan moontlik uit die Nasionale Jeugontwikkelingsagentskap (Nyda) se bestuur geskop word, het die Sunday Times berig. Die raad se ampstermyn verstryk aan die einde van Mei. Benoemings vir raadslede moes teen die einde van Maart afgehandel word. Andile Lungisa, voorsitter van Nyda, Steven Ngubeni, die uitvoerende hoof en
Obama wend homself tot toilethumor
Dit is nie dikwels dat die magtigste man in die wêreld homself wend tot toilethumor nie en daarna grappies vertel oor die eet van honde, rooksug, ‘n dronk minister van buitelandse sake en die instelling van ‘n “radikale sosialistiese agenda”. Gisteraand in Washington, DC, is Amerikaanse mediaswaargewigte getrakteer op toiletspoel deur president Obama. Oorblufte verslaggewers
27 April, die Afro-Saksiese oorwinningsdag
Daar is seker min dae op die kalender wat so min patriotiese gevoelens by die totale bevolking gaande maak soos 27 April in Suid-Afrika. Slegs mev. Helen Zille kon ‘n geesdriftige twiet vanuit “Freedom Park” laat. Die inheemse Afrikaners voel al hoe meer uitgesluit van die Afro-Saksiese kultuur en propaganda wat op ons losgelaat word.
Prestigio-e-leser is teen sy prys ‘n wenner
Die afgelope paar dae het ek Prestigio se basiese e-leser, die PER3172B, onder oë gehad en so twee, drie e-boeke daarop gelees. Omdat ek reeds baie met die Amazon Kindle vertroud is, kon ek die twee goed met mekaar vergelyk. Die Prestigio PER3172B is ‘n veeldoelige leser wat eintlik teen die prys van R1199 (Praag-lede
Twee fluitjieblasers stel lastereis teen Zille in
Die twee fluitjieblasers wat wanbestuur en moontlike korrupsie in die Midvaal Plaaslike Regering oopgevlek het en wat in reaksie daarop valslik deur die DA en hulle leier, Helen Zille, self van korrupsie beskuldig is, het vandag om 09:25 ‘n lastereis teen die DA en Zille van een miljoen rand laat beteken. Mnr Corrie Pypers, voormalige
Lees verder: Twee fluitjieblasers stel lastereis teen Zille in
Afriforum se e-tolaansoek van die hand gewys
AfriForum se aansoek om toegelaat te word as ‘n vriend van die hof in ‘n aksie teen die e-tol stelsel is deur die Hooggeregshof in Pretoria Woensdag van die hand gewys. Regter Bill Prinsloo het gesê dit is onvanpas vir ‘n vriend van die hof om nuwe kwessies gebaseer op vars getuienis voor te stel.
Solidariteit loods veldtog oor plaasaanvalle
‘n Veldtog is van stapel gestuur om plaasaanvalle in die kollig te plaas om dit as ‘n prioriteitsmisdaad te laat klassifiseer. Die inisiatief deur die vakbond Solidariteit, Afriforum en die Kraal-Uitgewers sal tot aan die einde van die jaar geloods word, het die organiseerders Woensdag in Pretoria gesê. “Dit is onmoontlik om misdaad uit te
‘Zille raak onstabiel’
Die Wes-Kaapse premier, Helen Zille, se onlangse opmerkings teen Cosatu is ‘n “teken van haar groeiende onstabiliteit”, het die provinsiale tak van die vakbond Woensdag gesê. “Cosatu is nie verras deur Zille se opmerkings by die Universiteit van Stellenbosch nie. Sy maak nou al ‘n ruk lank die vreemdste en mees verbasende stellings. Vir sommige
Petrol nóg duurder
Die departement van energie sê die hoër internasionale oliepryse beïnvloed die plaaslike brandstofprys negatief. Die prys van brandstof sal volgende week ‘n nuwe rekordvlak bereik wanneer dit met 28c per liter styg. Die styging sal Woensdag in werking tree. Diesel sal ‘n ekstra 9,4c per liter kos en paraffien sal 12c meer kos, het Fin24
