AfriForum se aansoek om toegelaat te word as ‘n vriend van die hof in ‘n aksie teen die e-tol stelsel is deur die Hooggeregshof in Pretoria Woensdag van die hand gewys.
Regter Bill Prinsloo het gesê dit is onvanpas vir ‘n vriend van die hof om nuwe kwessies gebaseer op vars getuienis voor te stel.
‘n Tariefpublikasie van 13 April, wat AfriForum betwis, het hy gesê dien nie voor hom nie.
Dit was deel van die aanvullende beëdigde verklaring met die wysiging van tarief-vrystellings, deur Outa, wat hy Dinsdag van die hofrol laat skrap het.
Die aansoek wat op ‘n baie laat stadium van stapel gestuur is, word deur die SA Nasionale Padagentskap Beperk (Sanral) en Tesourie teengestaan.
Vroeër, het Sanral se prokureur, Bruce Leech, gesê hy het ‘n probleem met die feit dat AfriForum saam met Outa teen die tol probeer staan.
Hy het gesê ‘n vriend van die hof moet die hof help, en nie kant kies nie.
AfriForum se prokureur Greta Engelbrecht het gesê die groep moet die kans gegee word om voorleggings te maak.
AfriForum het die hof gevra om te oorweeg of die publikasie van die e-toltariewe op 13 April aan Artikel 27 van die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskapwet voldoen.
Hulle wou die hof vra om te kyk of die klassifikasie van voertuie geregverdig is. Leech het gesê AfriForum se argument was irrelevant vir die saak.
Engelbrecht het gesê AfriForum het was van die begin af bekommerd oor die e-tol. “AfriForum het 36 000 lede, waarvan 45% in Gauteng woon en die paaie gebruik,” het sy gesê.
Die Tesourie se advokaat Jeremy Gauntlett het saamgestem dat AfriForum se aansoek irrelevant is en regter Bill Prinsloo het saamgestem.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.