Die departement van energie sê die hoër internasionale oliepryse beïnvloed die plaaslike brandstofprys negatief.
Die prys van brandstof sal volgende week ‘n nuwe rekordvlak bereik wanneer dit met 28c per liter styg. Die styging sal Woensdag in werking tree.
Diesel sal ‘n ekstra 9,4c per liter kos en paraffien sal 12c meer kos, het Fin24 berig.
Petrol sal nou R12,22 per liter in Gauteng wees en R11,87 per liter vir 95-oktaanpetrol kos.
Diesel sal nou R10,98 per liter in Gauteng kos en R10,73 per liter langs die kus.
