Malema-bondgenote kry die wind van voor

Bondgenote van die geskorste ANC-jeugligaleier Julius Malema kan moontlik uit die Nasionale Jeugontwikkelingsagentskap (Nyda) se bestuur geskop word, het die Sunday Times berig.

Die raad se ampstermyn verstryk aan die einde van Mei. Benoemings vir raadslede moes teen die einde van Maart afgehandel word.

Andile Lungisa, voorsitter van Nyda, Steven Ngubeni, die uitvoerende hoof en Magdalene Moonsamy, die hoofbestuursbeampte, almal Malema-ondersteuners, sal na verwagting uit die raad geskop word, het die koerant berig.

Altesaam 23 kandidate het die kortlys vir die raad gehaal.

Name van Zuma-ondersteuners kan dalk wel op die lys verskyn, het dié weekblad berig. Daar is sewe posisies op die raad beskikbaar.

Magdalene Moonsamy, woordvoerder vir die ANC-jeugliga, het navrae na Nyda verwys. Moonsamy het die navrae na Lungisa verwys, wat nie beskikbaar was vir kommentaar nie.

topcargo отзыв

Maak 'n opvolg-bydrae