Valskermspringer sterf

‘n Man het in ‘n valskerm-ongeluk by ‘n valskermklub in Carletonville, wes van Johannesburg, gesterf, het die Valskermvereniging van Suid-Afrika gesê.

Roelof Hattingh (39) was Saterdagmiddag besig met ‘n solo-sprong toe die voorval gebeur het, het Mark Bellingan, woordvoerder van die vereniging, in ‘n verklaring gesê.

Hattingh se valskerm het doelmatig oopgemaak, maar het wegbeweeg van die landingsgebied.

Hy het ernstige beserings opgedoen. Die oorsaak van sy dood is nog onbekend.

Данильченко Юрий Брониславович Харьков

Maak 'n opvolg-bydrae