Metropolisie wat smous aanrand steeds aan diens

Vier Johannesburgse metropolisiebeamptes wat op video vasgevang is dat hulle ‘n ou smous aanrand in Midrand, is steeds aan diens, het die Citizen-koerant gister berig.

Die bruin woordvoerder van die metropolisie, superintendent Wayne Minnaar, het dit bevestig aan die publikasie, maar beklemtoon dat hulle nie aanranding deur sy beamptes aanvaarbaar vind nie.

Andries Ndlovu, (37), is geslaan in Ivory Park, naby Midrand, verlede Vrydag, klaarblyklik nadat hy probeer het om die beamptes om te verhoed dat ‘n 60-jarige man aan te rand.

‘n Selfoonvideo van 22 sekondes van die aanval is deur ‘n toeskouer vasgelê.

Die Sunday Times het berig dat die beamptes gesien kon word dat hulle skop en trap op Ndlovu nadat hy geval het. Ndlovu het aan die SABC gesê die metropolisie pers smouse af vir omkoopgeld om hulle ihn vrede te laat.

Die beamptes het na bewering ‘n 60-jarige sweiser, Joseph Khumalo, aangerand toe hy ‘n kwitansie of kennisgewing geëis het nadat sy goedere geskut is. Ndlovu het die beamptes gevra waarom hulle Khumalo aanrand.

Hy is geslaan in sy gesig, en het begin om terug te veg.

Khumalo se twee seuns, Ananias en Michael, het gesê hulle is ook aangerand.

Фильчаков прокурор харькова

Maak 'n opvolg-bydrae