Ronald Lamola, die adjunk-president, sal die rol van waarnemende president oorneem, soos deur die jeugliga se grondwet bepaal word. Hy het egter gister aan dié koerant gesê hy aanvaar nie Malema se skorsing nie.
“Niks het verander nie,” het hy volgens die koerant gesê.
“Julius Malema is steeds die president van die jeugliga. Ons sal die ANC se nasionale uitvoerende komitee vra om sy skorsing te hersien. As dit nie slaag nie, sal ons hierdie stryd by die ANC-kongres in Mangaung stry.”
Magdalene Moonsamy, woordvoerder vir die jeugliga, het vroeër namens die jeugliga se uitvoerende komitee ‘n verklaring uitgereik waarin wat sê “hy [Malema] sal die president van die ANCYL bly tot 2014”.
