Beveilig jou rekenaar – ‘n gids

SkootrekenaarDaar bestaan alllerlei gevare rondom die internet en e-pos. Iedereen wat die internet gebruik, moet bewus wees van die risiko's en ook hoe om jouself te beskerm teen sulke gevare. Alhoewel die internet 'n enorme bron van inligting is, bevat dit ook slaggate en is dit nie net wetsgehoorsame burgers wat die internet gebruik nie!  Die lokaas wat kuberkriminele aantrek, is inligting wat die gewone internetgebruiker verskaf en stoor, hetsy op sy rekenaar, hetsy op webwerwe soos Myspace en Facebook. Hierdie gids is nie allesomvattend nie, maar kan as bron dien om van die risiko's verbonde aan internetgebruik te verminder.

Lees verder: Beveilig jou rekenaar – ‘n gids

Dodetal styg tot 15 000 in Mianmar-sikloon

ImageTen minste 15 000 mense is gedood in die Mianmar-sikloon en die dodetal sou waarskynlik verder styg soos wat amptenare kontak maak met die gebiede wat die ergste getref is, het die militêre regering se buitelandse minister gister gesê.

Lees verder: Dodetal styg tot 15 000 in Mianmar-sikloon

Munisipale werkers bestrooi Pretoriamiddestad met rommel

ImageMunisipale werkers het gister die Pretoriase middestad met rommel bestrooi deur vullishouers om te keer. Omtrent drieduisend permanente en kontrakwerkers het die strate ingevaar, verkeer ontwrig en algemene chaos veroorsaak.

Lees verder: Munisipale werkers bestrooi Pretoriamiddestad met rommel

Rentekoerse, erfbelasting dwing huiseienaars om te verkoop

Die gekombineerde aanslag van hoër rentekoerse en verhogings in erfbelasting in sommige groot stede is besig om tot paniekverkope deur huiseienaars te lei.

Lees verder: Rentekoerse, erfbelasting dwing huiseienaars om te verkoop