Virus dood 25 kinders in China

Die Wêreldgesondheidsorganisasie, die WGO, sê die virus wat 25 kinders laat sterf het en duisende regoor China raak, sal nie die Olimpiese Spele bedreig nie.

Owerhede in China sukkel om die EV71-virus, wat 'n soms dodelike maagvirus kan wees, onder bedwang te hou.

Twee-en-twintig kinders is reeds oorlede en minstens 5 151 mense is besmet in Fujang, in die ooste van die land.

Daar is geen inenting of anti-virale middel beskikbaar nie en die siekte versprei deur kontak met blasies of ontlasting en kan hoë koors, verlamming en breinswelling veroorsaak.

China het 'n landswye waarskuwing uitgevaardig, kleuterskole gesluit en personeel word tans opgelei in higiëne en voorkoming.

free games slots casino downloadДанильченко