Die sikloon is die ergste om Asië te tref sedert 1991, toe 143 000 mense in Bangladesj gesterf het.
Volgens die minister van buitelandse sake, Nian Win, is 10 000 mense net in een dorp, Bogalai, dood.
Die Verenigde Nasies, sowel as Mianmar, die voormalige Birma, se bure val tans oormekaar om kos, skoon water en skuiling aan oorlewendes te verskaf. Honderde duisende mense is dakloos gelaat deur die sikloon wat winde van 190 km per uur en golwe so hoog as 3,5 meter geproduseer het.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.