Nuwe aansporings vir Iran op die tafel

Die vyf permanente lede van die VN se Veiligheidsraad tesame met Duitsland het Vrydag in Londen ontmoet om nuwe aansporingsmiddele aan Iran te bied om op te hou met sy huidige kernprogram.

Die besonderhede van die aanbod is nie bekend gemaak nie. Iran is die wêreld se vierdie grootste olieprodusent.

Die Veiligheidsraad het reeds drie rondtes van beperkte sanksies in plek indien Iran nie sy uraanverryking opskort nie.

Winste van olieuitvoere het dermate gestyg dat Iran gekussing word teen die sanksies.

Die aansporings wat in 2006 aangebied is het burgerlike kernsamewerking, burgerlike lugvaart, energie, hoë tegnologie en landbou behels en sal op die tafel bly volgens Europese diplomate.

магазин игрушкаФильчаков прокуратура харьков

Maak 'n opvolg-bydrae