Munisipale werkers bestrooi Pretoriamiddestad met rommel

ImageMunisipale werkers het gister die Pretoriase middestad met rommel bestrooi deur vullishouers om te keer. Omtrent drieduisend permanente en kontrakwerkers het die strate ingevaar, verkeer ontwrig en algemene chaos veroorsaak.

Die vakbond Samwu het 'n memorandum aan die Tshwane-metroraad oorhandig waarin hul eise vervat is. Werkers hou nie van die alternatiewe dienstruktuur van die raad nie en beweer dat dit 'n paar mense verryk terwyl dienslewering agteruitgaan.

Samwu wil ook alle tydelike kontrakpersoneel permanent aangestel sien.

МордвиновФильчаков прокурор