‘Lugmag stort in duie’

Image

SALM-Gripen D, maar gaan hy ooit vlieg?

Die minister van Verdediging, mnr. Mosiuoa Lekota, sê die Lugmag het die afgelope drie en ‘n half jaar 91 vegvlieëniers en 822 tegnici verloor. Tans beskik die Lugmag net oor  twintig operasionele vegvlieëniers. Dit is in antwoord op ‘n vraag van mnr. Pieter Groenewald van die Vryheidsfront Plus in die parlement.

Lees verder: ‘Lugmag stort in duie’

Dronk regter kan nie spel nie

Image

Sy edele regter Motata

Regter Nkola Motata wat tans teregstaan op 'n klag van dronkbestuur, kan nie behoorlik spel nie. Dit het gister aan die lig gekom toe sy handgeskrewe nota aan mnr. Richard Baird as bewysstuk in die Johannesburgse streekhof toegelaat is.

Lees verder: Dronk regter kan nie spel nie

Terugkeer na kasteel Afriqstein, aanslag van die zombies

Image‘n Nota aan die leser: die menings wat hier uitgespreek word sal sensitiewe lesers dalk ontstel, so lees dit op eie risiko. Die nasies wat genoem word, word nie as boos uitgesonder nie, maar omdat die bevolkingsgroepe in ‘n spel voorkom.

Lees verder: Terugkeer na kasteel Afriqstein, aanslag van die zombies

Aardbewing laat Kaliforni?rs sidder

Suidelike Kalifornië is gister deur 'n aardbewing van 5,4 op die Richterskaal geskud. Dit het 50 km oos van Los Angeles teen 'n diepte van 12 km plaasgevind, het die Amerikaanse geologiese opnamekantoor gesê.

Lees verder: Aardbewing laat Kaliforni?rs sidder

Senior polisieman gevang met ID’s en bestuurslisensies

'n Senior lid van Durban se metropolisie verkeer tans op verlengde borgtog en sy verhoordatum is op Oktober in die Durbanse streekhof gestel.

Lees verder: Senior polisieman gevang met ID’s en bestuurslisensies