Aardbewing laat Kaliforni?rs sidder

Suidelike Kalifornië is gister deur 'n aardbewing van 5,4 op die Richterskaal geskud. Dit het 50 km oos van Los Angeles teen 'n diepte van 12 km plaasgevind, het die Amerikaanse geologiese opnamekantoor gesê.
Miljoene mense van Los Angeles tot in San Diego het die seismiese skokke gevoel.

Geen ernstige beserings of skade is na afloop van die aardbewing aangemeld nie.

Geboue oral in die streek het geskud en geswaai, en vele kantore is ontruim.

Die aardbewing is deur 27 geringe naskokke gevolg wat toeriste in Disneyland en inwoners so ver oos as Las Vegas op hol gejaag het.

Die goewerneur van Kalifornië, Arnold Schwarzenegger, sê die streek is baie gelukkig om aan 'n grootskaalse ramp te ontkom.

конструкторы для девочекФильчаков