‘n Man wat hom as ‘n veiligheidswag voorgedoen het, is in hegtenis geneem nadat hy glo ‘n vrou in Pinetown, KwaZulu-Natal, verkrag het, het die polisie Saterdag gesê. Die vrou was Donderdag besig om inkopies te doen toe die man haar genader en van diefstal beskuldig het. Hy het die vrou beveel om saam met
AgriSA gaan help met bevolkingsregistrasie op plase
Die departement van binnelandse sake sal boerdery gemeenskappe regoor Suid -Afrika besoek om die immigrasiestatus van werkers te inspekteer, het minister Naledi Pandor by ‘n AgriSA-beraad Donderdag gesê. Die teenwoordigheid en die indiensneming van onwettige en ongedokumenteerde mense hou ‘n ernstige nasionale sekuriteitsrisiko in, het Pandor in Pretoria gesê . “Almal in Suid-Afrika moet gedokumenteer
Lees verder: AgriSA gaan help met bevolkingsregistrasie op plase
‘Polisie sal nie onwettige oproer by myne duld nie’
Die Minister van Polisie, Nathi Mthethwa, sê die regering sal nie anargie en wetteloosheid tydens dienslewerings-en arbeidsverwante betogings in die myngebiede duld nie. Mthethwa het buite Burgersfort in Limpopo gepraat waar hy die provinsiale Mynmisdaad-bestrydingsforum bekendgestel het. Verskeie gewelddadige betogings het vanjaar by myne op Burgersfort, Thabazimbi en Phalaborwa uitgebreek. Die minister sê die betogings
Lees verder: ‘Polisie sal nie onwettige oproer by myne duld nie’
Oproermakers by Tshepisong versper paaie
Betogers in die Tshepisong-lokasie aan die Wes-Rand het Donderdag ‘n vragmotor aan die brand gesteek. Motoriste is gevra om van alternatiewe roetes, soos Ontdekkersweg en die N12, te gebruik, het hoofsupt. Wayne Minnaar, woordvoerder van die Johannesburgse metropolisie gesê. Konst. Vincent Mashiteng, polisiewoordvoerder, het gesê inwoners betoog omdat hulle sedert verlede Saterdag sonder elektrisiteit is.
UJ-dekaan geskors oor geld wat verdwyn
Prof. Bheki Mamba, uitvoerende dekaan van die wetenskappe aan die Universiteit van Johannesburg, is Donderdag geskors oor bewerings van finansiële ongerymdhede. “Prof. Mamba is ‘n uitsonderlike akademikus. Om dié rede en gegewe die erns van die bekommernisse, sowel as sy senioriteit, hanteer die universiteit dit met groot dringendheid,” het prof. Ihron Rensburg, die visekanselier, in
Noorweër by terreuraanval in Nairobi betrek
Noorweë se intelligensie-agentskap, PST, het ‘n ondersoek begin om vas te stel of een van dié land se burgerlikes betrokke was in die bloedbad in die Westgate-winkelsentrum in Nairobi, Kenia, in September. Al Sjabaab, wat bande met Al-Kaïda het, het verantwoordelikheid aanvaar vir verlede maand se aanval, waarin minstens 67 mense gesterf het. “Gegrond op
Malawi-amptenare gevang met geld onder beddens, in motors
Malawi se president Joyce Banda het haar kabinet afgedank te midde van bewerings van korrupsie in die regering. Verskeie amptenare is na bewering gevang met die geld weggesteek onder hul beddens en in hul motors, het die BBC se Raphael Tenthani uit Malawi berig. Verlede maand is ‘n amptenaar van die ministerie van Finansies Paul
Lees verder: Malawi-amptenare gevang met geld onder beddens, in motors
Man wat Moslem doodslaan kry 8 jaar
Rudolph Viviers, wat ‘n Moslem na ‘n argument oor sy baard doodgeslaan het, is Donderdag tot agt jaar tronkstraf gevonnis, het die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) gesê. “Viviers is tot 12 jaar tronkstraf, waarvan vier jaar opgeskort is, gevonnis vir strafbare manslag en vier jaar vir aanranding met die doel om ernstig te beseer,” het Phindi
Joemat-Pettersson: Was dit dief of teef?
Die ANC-hoofsweep, Stone Sizani, het twee parlementslede se opmerkings teenoor Tina Joemat-Pettersson, minister van landbou, bosbou en visserye, veroordeel. “Ons is in kennis gestel dat die ANC-LP Salamuddi Abram gister [Woensdag] in ‘n hewige debat die minister ‘n leuenaar genoem en homself luidrugtig en ontwrigtend gedra het voordat hy uit die vergadering gestorm het,” het
G4S kry die trekpas by Mangaung
Verskeie werknemers, onder andere ‘n senior amptenaar van die departement van korrektiewe dienste, is Donderdagoggend by die Mangaung- Korrektiewe Sentrum in Bloemfontein aangeval. RSG berig die situasie by die tronk is steeds gespanne. Die departement het gister die bestuur van die gevangenis oorgeneem nadat die maatskappy wat aangestel is om die tronk te bestuur, G4S,
