Die selfoonreus, MTN sê hy is nog nie amptelik in kennis gestel van boetes teen sy sakebelange in Kameroen nie, maar dat die kwessie ondersoek word. Kameroen se teenkorrupsie-raad sê MTN het glo versuim om belasting op speletjies en dobbeldienste te betaal, het RSG berig. Die maatskappye MTN en Orange is volgens berigte as deel
EU Immigrasiekrisis: Rooi voordeure en toedeure
Asielsoekers in ‘n noordelike Engelse dorp glo hulle is maklike teikens vir rassiste omdat hulle almal gehuisves word agter rooi voordeure. Die huise in Middlesbrough word besit deur ‘n subkontrakteur van G4S. Nadat ‘n verslag oor die rooi deure verskyn het op die voorblad van Woensdag se Times, het ‘n woordvoerder vir G4S gesê sy
Lees verder: EU Immigrasiekrisis: Rooi voordeure en toedeure
Lid van Zuma-beskermingseenheid skuldig bevind
Vonnisoplegging van ‘n lid van die presidensiële beskermingseenheid sal na verwagting Donderdag in die Potchefstroom-landdroshof begin. Malose Makonyane is Woensdag skuldig bevind op aanklagte van opsetlike saakbeskadiging, die rig en afvuur van ’n vuurwapen, roekelose bestuur, asook die roekelose ingevaarstelling van persone. Sy medebeskuldigde, Sankoela Lepota is vrygespreek nadat Landdros Louisa Mabille bevind het dat
Tuks weer oop na miljoene se skade by kampusse landwyd
Die Universiteit van Pretoria sal Donderdag weer vir personeellede open nadat die begin van die studiejaar en registrasie die afgelope twee weke deur oproer ontwrig is. Die universiteitsbestuur het intussen toegegee aan die betogers se eise en ‘n ooreenkoms met skoonmakers bereik om uitkontraktering op kampusse te beëindig. Die ooreenkoms raak veiligheidswagte, skoonmakers, tuinwerkers en
Lees verder: Tuks weer oop na miljoene se skade by kampusse landwyd
Dodetal styg na jihadistiese aanval op universiteit in Pakistan
Die dodetal in die aanval op die Bacha Khan-universiteit in Charsadda, ongeveer 50 kilometer van die stad Peshawar, Pakistan, het vinnig gestyg toe gewapende mans die kompleks in die militante-streek bestorm het. Polisie, soldate en spesiale magte het vinnig gevolg en van die grond en uit die lug aangeval om ‘n einde aan die aanslag
Lees verder: Dodetal styg na jihadistiese aanval op universiteit in Pakistan
Polisie in Windhoek rand witte aan
Polisielede verbonde aan die Sentrale polisiekantoor in Windhoek staar klagte van aanranding en brutaliteit in die gesig, nadat hulle glo ’n wit inwoner van Windhoek tydens ondervraging ernstig aangerand het. Die klagte, CR432/01/2016, is by dieselfde polisiekantoor aanhangig gemaak. Na bewering is die 35-jarige mnr. Marco Bock Saterdagoggend deur polisiebeamptes by die sentrale polisiekantoor in
Boervrou sterf ook na wrede aanval
Bernie (84) en Charlotte van Zyl (55) is Saterdag met ernstige beserings op hul plaas Geelhoutboom in Mpumalanga aantref. Nie een van die twee het die wrede aanval oorleef nie. Die bejaarde boer van Panbult is glo deur een van sy swart werkers aangeval en met krukke doodgeslaan. Bernie is op die toneel dood en
Bykans alle blanke DA-kiesers is rassiste, aldus Mmusi Maimane
Dis amptelik, aldus die “Obama van Soweto”, die DA se leier, Mmusi Maimane: Rassiste is nie welkom in die DA nie. Nie net dit nie: As jy wel ‘n rassis is, moenie eers bodder om jou kruisie vir die DA te gaan trek nie. Voorts gaan daar glo van DA-lede verwag word om ‘n anti-rassisme
Lees verder: Bykans alle blanke DA-kiesers is rassiste, aldus Mmusi Maimane
Nog ‘n onwettige banier ontsier Kaapstad
‘n Yslike banier van die nuwe Suid-Afrikaanse onderbroekvlag is aan die kant van dieselfde gebou in Kaapstad aangebring wat verlede week “Zuma must fall” vertoon het. Maar die Stad Kaapstad, sê hulle het geen idee wie verantwoordelik is vir die jongste oortreding op die hoek van Kloof- en Buitensingelstrate nie. “Geen aansoek is aan die
Uitspraak verwag van Zuma-beskermingseenheid wat op wittes skiet
Uitspraak word vandag in die Potchefstroom-landdroshof verwag in die saak teen twee lede van die presidensiële beskermingseenheid. Die transkripsie van die uitspraak teen Sankoela Lepota en Malose Makonyane was tydens hul laaste hofverskyning verlede jaar nie gereed nie. Sankoela Lepota en Malose Makonyane word van poging tot moord aangekla. Die aanklagte hou verband met ‘n
Lees verder: Uitspraak verwag van Zuma-beskermingseenheid wat op wittes skiet
