Die moeder van die vermoorde Danielle Esterhuizen het gister in die Randfonteinse streekhof getuig en vertel hoe haar 5-jarige dogtertjie op haar skoot doodgeskiet is. Danielle en haar pa, Diederick, was op 20 Desember 2006 langs 'n dam besig om vis te vang toe beskuldigdes David Nqomane, Tsakane Sithole en Thabang Jane goedsmoeds op die kind losgebrand het.

“Die Afrikaner: verlede, hede en toekoms”. Oor dié moeilike tema moes ek onlangs ’n praatjie hou. Nie ek of een van die klompie wat kom luister het, het ’n "oplossing" vir die "Afrikaner-vraagstuk" gehad nie. Nie een van ons het darem ook onder die illusie verkeer dat ons ’n oplossing het nie.