Hof hoor getuienis oor kindermoord

Image

Danielle

Die moeder van die vermoorde Danielle Esterhuizen het gister in die Randfonteinse streekhof getuig en vertel hoe haar 5-jarige dogtertjie op haar skoot doodgeskiet is. Danielle en haar pa, Diederick, was op 20 Desember 2006 langs 'n dam besig om vis te vang toe beskuldigdes David Nqomane, Tsakane Sithole en Thabang Jane goedsmoeds op die kind losgebrand het.

Die moord het die aandag van die media getrek toe openbare figure soos Steve Hofmeyr, Joost van der Westhuizen en Dan Roodt saam buite die Randfonteinse hof betoog het tydens die borgaansoek van die moordenaars.

Die vader van Danielle het gesê dat hy nooit weer aan 'n visstok sal vat nie omdat hy homself blameer dat sy dogtertjie dié dag net vir 'n halfuur lank by die dam kom kuier het.

сарафан для девочекФільчаков прокурор