Polisie in Alexandra ontplooi

Polisie is in Alexandra ontplooi nadat die dodetal in geweld teen buitelanders tot drie gestyg het. 'n Man is Maandagaand doodgeskiet en een is beseer, het die polisie vandag bekend gemaak. Albei slagoffers is Suid-Afrikaners.
Twee van die drie mense wat die lewe gelaat het sedert Sondag, is ook Suid-Afrikaans.

'n Totaal van 39 mense is gister in die Johannesburgse lokasie in hegtenis geneem.

Kriminele het intussen die situasie uitgebuit en plundery kom voor.

Die polisie-eenheid vir Openbare Orde is ontplooi om die toestand te monitor en kalmte te herstel.

кварцвиниловая плитка укладка на фанерулобановский александр фото

Maak 'n opvolg-bydrae