Ses gearresteer by ANC-konferensie

Ses mense is in hegtenis geneem by Sun City gister nadat hulle probeer het om die ANC se provinsiale konferensie by te woon. 'n Groep mense het deur 'n versperring van ANC-toesighouers by die ingang gebreek en die polisie met klippe bestook. 

Die polisie het van rubberkoeëls gebruik gemaak om hulle uiteen te jaag. Mbeki se volgelinge is in die meerderheid by die konferensie en Zuma-ondersteuners glo dit is 'n manier om hulle daarvan te weerhou om deel te neem.

Die mense wat nie kon inkom nie, glo dat die konferensie nie verteenwoordigend is nie. Sondagaand het die polisie 40 mense hardhandig uit die luukse oord verwyder nadat hulle aan die konferensie wou deelneem.

тамбов подъемникиФильчаков прокуратура харьков

Maak 'n opvolg-bydrae