Vir die afgelope paar dae gaan die swart woongebied Alexandra, digby Sandton, gebuk onder sogenaamde xenofobie, en word buitelanders glo deur Suid-Afrikaners aangeval. Twee buitelanders is reeds dood.
Afrikagraafskap?
Die Krieketraad van Engeland en Wallis gaan dringend ondersoek doen na die inval van Suid-Afrikaners in graafskapskrieket. Tydens 'n graafskapskampioenskap vroeër dié week, was daar nie minder nie as vyf Suid-Afrikaners in elke span nie.
Hennie Otto wen Italiaanse Ope
Hennie Otto het die Italiaanse Ope in Milaan, Italië, gewen en daardeur sy eerste Europese Toertitel ingepalm. Hy het 'n drie-onder-syfer vir 69 oor die naweek behaal om Oliver Wilson met een hou in die finale rondte te klop. Otto het met 25-minder-as-baansyfer geëindig met 'n telling van 263.Griep kos maatskappye miljarde
Griep en verwante siektes kos maatskappye R2,7 miljard per jaar in afwesigheid sê die statistiekmaatskappy CAM Solutions.
Kaapstad wil watermeters installeer
Kaapstad se munisipaliteit het aangekondig dat hulle meer as 20 000 watermeters sal installeer binne die volgende jaar. Watermeters is egter pas deur die Johannesburgse Hooggeregshof as ongrondwetlik en onwettig verklaar.
Vals Mboweni besteel sakeman
Pemba wil onafhanklik word van Tanzani
Inwoners eis afslag oor vulliskrisis
Die Vryheidsfront Plus het gesê dat alle inwoners van Pretoria wat gedwing word om private vullisverwydering te doen vanweë die huidige vullisverwyderingskrisis, hul kostes van die stadsraad moet terugeis.
Die VF Plus het verder gesê dat die metroraad 'n meganisme in plek moet stel waarvolgens inwoners wat verkies om op 'n permanente basis private vullisverwyderingsdienste te gebruik, vrygestel sal word van daardie kostes op hul munisipale rekeninge.
Nigeriese president waarsku oor olietoekoms
President Yar'Adua van Nigerië het gister vir die eerste maal die Nigerdelta-gebied besoek en het die geleentheid gebruik om te waarsku dat tensy die onrus ophou, Nigerië haar posisie as Afrika se grootste olieprodusent mag afstaan aan Angola.
Alexandra nog nie kalm nie
Die onluste in Alexandra na wedersydse moorde tussen plaaslike inwoners en buitelanders het gisternag voortgeduur met inwoners wat die polisie met klippe bestook het.
Die polisie het in ruil rubberkoeëls afgevuur.

