Nigeriese president waarsku oor olietoekoms

Image

Yar’Adua

President Yar'Adua van Nigerië het gister vir die eerste maal die Nigerdelta-gebied besoek en het die geleentheid gebruik om te waarsku dat tensy die onrus ophou, Nigerië haar posisie as Afrika se grootste olieprodusent mag afstaan aan Angola.

Hy het gesê dat die vise-president Jonathan Goodluck die verantwoordelikheid sal aanvaar om 'n vreedsame dialoog tussen die mense in die gebied aan die gang te kry. Shell het onlangs sekere aktiwiteite in die delta opgeskort as gevolg van geweld.

Die Nigerdelta het die potensiaal om die petrochemiese reus van Afrika te word. Die president voel dat die gebrek aan vrede Afrika se ontwikkeling oor die afgelope 50 jaar aan bande gelê het.

Hy het geweld in die Nigerdelta blameer vir die styging in ru-oliepryse wêreldwyd, sowel as die situasie in Iran en Irak.

оборудование для заправки кондиционеровФильчаков Александр Васильевич