Waterbronne om Musina en Beitbrug in Limpopo het negatief getoets vir cholera, wat gediagnoseer is in meer as 200 mense, meestal Zimbabwiërs wat daar kom behandeling soek het, het beamptes van die departement van waterwese Woensdag gesê.
Lees verder: Water in en om Musina toets negatief vir cholera

13:10:28 Soos volke 'n geskiedenis het, het tale en beskawings ook 'n geskiedenis. Die geskiedenis van beskawings gaan oor verowering en uitbreiding, dikwels deur aanslae op ander beskawings. Beskawings is die produk van hul geskiedenis, die som van inlywings en uitsluitings. Kennis van ons geskiedenis gaan nie soseer oor kennis van die verlede nie, maar oor insigte waarom ons vandag is wat ons is in morele, ekonomiese en intellektuele sin. Dis ons etniese psige. Dis ons geskiedenis wat inhoud aan daardie psige gee.
Die Kongolese regering het aan die VN-sekretaris geneaal Ban ki-Moon in 'n brief gevra om nie meer Indiese troepe te stuur as deel van die vredesmagte nie, volgens 'n brief wat Dinsdag aan AFP gelees is.