Indië word nie by name genoem nie, maar diplomatieke bronne het aan AFP gesê dat die DRK sonder twyfel na die Indiese komponent van MONUC, die VN se vredesmag verwys.
"In ag genome die groot misbruike van mag van sekere troepe in MONUC, sal die Kongolese mense nie verstaan indien soldate van dieselfde lande af kom om getalle in MONUC te versterk nie," het die brief gelui wat aan AFP voorgelees is deur diplomatieke bronne.
Indiese vredesmaglede is daarvan beskuldig dat hulle seksuele misdrywe begaan het en in Augustus het MONUC erken dat sommige Indiërs daarby betrokke kon wees.
Dié brief kan 'n groot diplomatieke vernedering wees vir die VN.
Sowat 90% van die vredesmaglede wat die noord-Kivu distrik patrolleer is van Indië afkomstig, en New Delhi het ook aanvalshelikopters vir die sending voorsien.

Die Kongolese regering het aan die VN-sekretaris geneaal Ban ki-Moon in 'n brief gevra om nie meer Indiese troepe te stuur as deel van die vredesmagte nie, volgens 'n brief wat Dinsdag aan AFP gelees is.