In die afgelope twee weke, het byna 200 Zimbabwiërs al behandeling vir die aansteeklike diarreesiekte ontvang by die hospitaal in Musina, en omtrent 1000 het rehidrasiebehandeling ontvang direk by die Suid-Afrika grens.
Hulle is die gelukkige mense, meeste maak dit nie sover as die grens nie.
Die VN het gesê dat daar Dinsdag meer as 50 cholerasterftes in Zimbabwe aangemeld is, wat die sterftesyfer op 366 plaas van Augustus af, met meeste in die laaste twee weke.
Die VN het gesê dat 8887 gevalle nou aangemeld is en dat die siekte nou oor meer as die helfte van die land versprei het en oor die grense in Suid-Afrika en Botswana inbeweeg het.
Zimbabwe se Dokters sonder grense het Dinsdag gesê dat nog honderde Zimbabwiërs by hulle huise sterf, sonder behandeling en dat hulle sterftes nie getel word nie, as gevolg daarvan dat die gesondheidsisteem ineengestort het.
Die groep se voorsitter, dr. Douglas Gwadziro, het aan AP-televisie gesê dat "syfers aandui dat die sterftesyfer 10% en hoër is onder die wat cholera opgedoen het."
Indien mens kyk na die VN se syfers van verlede week, van omtrent 6000 infeksies, "kan mens veilig aanvaar dat 500 tot 600 mense in die streek dood is aan cholera," het hy gesê.
Te midde van beskuldigings dat die Zimbabwiese regering die krisis ontken en opsetlik lae syfers bekendmaak, het Gwadziro gesê dat die aanmelding van laer syfers kan wys dat mense nie weet dat mense by hulle huise sterf nie.
Die ergste lê nog voor, omdat die reënseisoen met mening op pad is.
Harare, die hoofstad, en ander dele van die land loop deur onder harde reën, wat rou menslike afval in die strate en drinkwatersisteme inspoel.
Baie dele van die land is al vir twee weke lank sonder behoorlike drinkwater.
Cholera word versprei deur besmette water en voedsel. Zimbabwe se uitbraak word geblameer daarop dat die waterbehandelingsaanlegte en rioolpype wat gebars het vir jare lank nie onderhou is nie.
Die uitbraak is moeilik om te beheer. Hospitale maak toe omdat hulle nie personeel kan betaal nie. Ander wat wel oop bly, het weer geen medikasie om mense mee te help nie.
Die land is in 'n toestand van besluiteloosheid al vir die beter deel van die jaar oor die verkiesings. In September het president Robert Mugabe, die land se leier sedert 1980 en Morgan Tsvangirai, die opposisieleier, ooreengekom oor 'n regering van nasionale eenheid, maar sedertdien kon hulle nie besluit oor hoe die kabinetsposte verdeel moet word nie.
Owen Mugari, , wat op 'n bed in die mediese tent by Musina hospitaal lê, met 'n drup aan sy arm en skoon bottels water byderhand is een van die gelukkiges. Die skoon drinkwater alleen is 'n ongekende luukse in Zimbabwe. Mugari sê dat hy by die uur beter voel.
"Ek is dankbaar om hier te kan wees, en dankbaar vir die behandeling," het hy gesê. Hy was 'n geleentheidswerker op plase gewees in Zimbabwe. "In Zimbabwe is daar niks,, niks" het die 29-jarige man gesê, en die boodskap van soveel Zimbabwiërs wat na Suid-Afrika toe kom, bevestig.
Hospitaal owerhede is besig om nuwe beddens op te stel, in afwagting op nog mense, maar hulle kan nog aanhou, het die owerhede gesê. Solank as wat cholera-pasiënte vroeg genoeg behandel word, is dit maklik om te behandel met rehidrasie soute.
