Ali Ashtary, 'n besigheidsman wat kommunikasie- en sekuriteitstoerusting verkoop het aan Iranse sekuriteitsorganisasies, is in 2007 gearresteer en skuldig bevind daaraan dat hy vir die Mossad, die Israeliese intelligensie agentskap, gespioeneer het, het die semi-amptelike nuusagentskap Mehr die beampte aangehaal.
Die beampte, wat die hoof is van die teenspioenasie eenheid van die inligtingsministerie, en wat nie by name geïdentifiseer was nie, het gesê dat Ashtary Maandagoggend tereggestel is. Associated Press het berig dat die man gehang is.
Die teenspioenasie-eenheidbeampte het gesê dat die Mossad satelliettelevisie advertensies en kletskamers gebruik om Iranse burgers te werf om inligting omtrent Iran in te win.
Iranse beamptes het Israel en Amerika beskuldig daarvan dat hulle verskeie separatistiese militante groepe binne en buite die land ondersteun.
Dinsdag, met die aanvang van 'n hofsaak in Tehran, het drie mans hulle aandeel in 'n bomontploffing erken by 'n aanbiddingsplek in Shiraz, in sentraal-Iran, in April. Iranse beamptes het gesê Amerika en Israel was betrokke by die ontploffing wat 14 mense dood gelaat het.
