Volgens die WNNR, het dr. Turton 19 jaar se ondervinding met strategiese beplanning en risikobepaling in gebiede waaroor daar gestry word, insluitende onderhandeling om die komplekse en uitgerekte tye van konflik te beëindig.
Ingesluit hierby was die onderhandelinge wat gelei het tot die onttrekking van Suid-Afrika uit Angola; die implementering van die VN se resolusie 435 en die onafhanklikheid van Namibië; die geheime onderhandelings wat gelei het tot die vrylating van politieke gevangenes en die Kodesagesprekke; asook die geheime diplomatieke onderhandelinge wat Mosambiek se burgeroorlog beëindig het.
Turton het 'n doktorsgraad in die waterpolitiek van Suid-Afrika, het baie geskryf oor waterbronne se bestuur en het 'n spesiale belangstelling in regering. Verder dien hy op die redaksie van die Internasionale tydskrif vir die bestuur van waterbronne en is ook 'n gereelde spreker by groot internasionale geleenthede.
Die waterkrisis sal waarskynlik sosiale onstabiliteit aanblaas en toekomstige ekonomiese ontwikkeling beperk, het hy gesê.
Sy waarskuwings oor die dreigende waterkrisis volg op waarskuwings vroeër vanjaar deur ander waterbestuurskenners, wat heftige ontkenning in die parlement uitgelok het van die minister van waterwese en bosbou, Lindiwe Hendricks.
Dié kenners het gesê dat Suid-Afrika se beperkte watervoorsieningstelsel die gesondheid van miljoene bedreig en het gewaarsku dat 'n krisis, soortgelyk aan die elektrisiteitskrisis, kan ontstaan indien onmiddellike stappe nie geneem word om die kwaliteit van water te bewaar nie.
