’n Vrou was onlangs die slagoffer van erge padwoede toe ’n onbekende man haar aangerand en onwelvoeglike woorde op haar motor geskryf het. Die 48-jarige Zetha Jungbluth van Rietfontein is deur ’n man in ’n parkeerterrein van ’n winkelsentrum in Gezina aangeval nadat sy glo eenkeer vir hom toeter gedruk het om vorentoe te ry.
Mandela-saak mag dalk van die rol verwyder word
Die regstryd tussen die sakeman Tokyo Sexwale, Bally Chuene en George Bizos, aan die een kant, en die Mandela-familie aan die ander, mag dalk verder vertraag word of van die rol geskrap word. Só berig die koerant New Age vandag. Michael Hart, wat Sexwale, Bizos en Chuene verteenwoordig, sal die hof Vrydag vra om die
Lees verder: Mandela-saak mag dalk van die rol verwyder word
Ponde word gepoets
Die Britse 19de-eeuse skrywer Jane Austen sal die gesig van die nuwe £10-noot wees, het die Bank van Engeland aangekondig. Dit is glo ‘n poging om kritiek dat vroue onderverteenwoordig is op die land se geldeenheid, aan te spreek, maar die nuwe Kanadese baas Mark Carney is nie gewild as keuse nie, en talle sien
NUM, Solidariteit waarsku dat goudstaking dreig
‘n Verlammende staking dreig in die goudmynbedryf nadat salarissamesprekings tussen die vakbonde Solidariteit, die NUM en UASA in Johannesburg misluk het. Goudprodusente het ‘n salarisverhoging van vyf persent aangebied, na ‘n aanvanklike aanbod van vier persent. Dit het daartoe gelei dat die drie vakbonde hulle aan die onderhandelings onttrek het. Die hoofsekretaris van die NUM,
Lees verder: NUM, Solidariteit waarsku dat goudstaking dreig
Nuwe formaat van praag.co.za
Soos elkeen van ons lesers al agterkom het, het die formaat van hierdie webblad oor die afgelope paar dae verander. Anders as vele ander webblaaie wat van tyd tot tyd vernuwe word en daarmee saam inhoud afstaan, is al 14 000 ons artikels van die “ou praag” hierheen oorgedra. Saam met die inhoud, het ons
Heli’s, Gripens nuttelose, duur hardeware
Nie een van die lugmag se 18 Agusta A109-helikopters vlieg nie meer nie, want daar is nie geld om hulle operasioneel te gebruik nie, het Beeld Woensdag berig. Daar is net genoeg geld sodat hulle af en toe aangeskakel kan word, maar hulle styg nooit op nie. Die gevolg is dat vlieëniers en die helikopters
Geweld breek weer by Medupi uit
‘n Groep van tussen 500 en 1 000 werkers het Woensdagoggend by die Medupi-kragaanleg sonder waarskuwing oproerig geraak, het Eskom bekend gemaak. Die kragreus het in ‘n verklaring gesê betogers het klippe gegooi en twee voertuie is aan die brand gesteek, maar niemand is beseer nie. Oproermakers het met die polisie gebots. “Die situasie is
Anthony Weiner in nuwe seksskandaal
Die Amerikaanse politikus en selferkende sekspes Anthony Weiner het gesê hy beplan steeds om te staan vir die amp van burgemeester van New York, ten spyte van sy erkenning dat hy wéér seksueel eksplisiete boodskappe en foto’s aan ‘n jong vrou gestuur het. Weiner geniet die ondersteuning van die meerderheid swart inwoners van die stad.
Telkom-winkel by Cresta beroof
‘n Gewapende roof het vanoggend by die Telkom-winkel op die grondvloer van die Cresta-winkelsentrum in Randburg plaasgevind. Die rowers het voor openingstyd deur die voordeur toegang verkry, maar is met hul buit deur die agterdeur uit. Teen vanmiddag was die winkel nog gesluit met kennisgewings op die ruite geplak wat klante inlig dat dit “tot
Geen uitspraak nog oor Tlokwe nie
Die stryd om die burgemeesterspos van Tlokwe Munisipaliteit gaan onopgelos bly. Die aansoek om die raadsvergadering – wat geëindig het in die skorsing van Tlokwe-munisipaliteit se uitvoerende burgemeester Maphetle Maphetle – tot niet te maak, is uitgestel in die Noord-Gauteng Hooggeregshof Dinsdag. Regter Neil Tuchten het gesê: “Ek sal my tyd neem om hierdie saak
