Die Britse minister van buitelandse sake, David Milliband, glo dat Israel Britse paspoorte misbruik het in die sluipmoord op ‘n Hamas-amptenaar in Doebai . “In die lig daarvan dat hierdie ‘n baie gesofistikeerde operasie was waarin hoë-kwaliteit vervalsings gemaak is, sien die regering dit as baie waarskynlik dat die vervalsings deur ‘n staatsintelligensiediens gemaak is,”
‘Gaan steel van wittes’
Die leier van ‘n swart jeugorganisasie in Pretoria, het sy lede versoek om by witmense in die voorstede te gaan steel. Faraday Nkoane, leier van die Uhuru kultuurklub, het aan ‘n 100 volgelinge tydens ‘n Menseregtedagsaamstrek in die Lebanonplakkerskamp gesê hulle moet by wittes gaan steel want “dit is die regte ding om te doen”.
Sarkozy kry lelik pak slae
Nicolas Sarkozy is pas ‘n vernederende nederlaag toegedien. Hy het tydens die afgelope plaaslike verkiesings in Frankryk die slegste uitslag vir sy party in meer as ‘n half-eeu behaal. Die UMP kon net 36% van die stemme trek, terwyl die Sosialiste 54% op nasionale vlak gekry het. Dié plaaslike verkiesingsuitslag is die finale groot toets
Geweld breek by skool uit na gyselaarsdrama
Agt mense gaan in die Christiana-landdroshof verskyn nadat hulle glo ‘n skoolhoof en onderwysers as gyselaar aangehou het, het die polisie in die Noordwes gesê. Insp. Wilmarie van der Merwe het gesê die agt was deel van ‘n groep van 500 mense wat Vrydag dié mense by die Hoërskool Lerona aangehou het. Sy het gesê
62 vas vir openbare geweld in Durban
Twee-en-sestig studente is Dinsdag vir openbare geweld in hegtenis geneem tydens ‘n betoging by Durban se Universiteit van Tegnologie, het die polisie in KwaZulu-Natal gesê. “Die studente het oproerig geraak en polisievoertuie met klippe bestook. Een polisieman is tydens die betoging beseer. Die 62 studente staar klagtes van openbare geweld in die gesig,” het supt.
Taxi’s grom vir Wes-Kaap
Kaapse taxiverteenwoordigers het in ‘n versoekskrif aan die provinsiale ministerie van vervoer geëis dat alle taxi’s waarop beslag gelê is onmiddelik en onvoorwaardelik aan hulle oorhandig word. Taxiverenigings in Kaapstad staak oor “intimidasie en teistering deur wetstoepassers” en die implementering van die nuwe snelvervoerdiens (BRT). Die polisie is op ‘n hoë gereedheidsvlak, maar geen ernstige
Mamelodi oproerig
Twee betogers is Dinsdagmiddag in Mamelodi-oos in hegtenis geneem vir openbare geweld. Die polisie is steeds besig om woedende betogers te kalmeer. Die betogers het motors met klippe bestook. Volgens kapt. Johannes Maheso, polisiewoordvoerder in Pretoria sal die polisie ‘n wakende ogie in die gebied hou totdat alles onder beheer is. Die polisie het vroeër
Moetiemoorde moet vasgevat word sê minister
Ingevolge wetgewing behoort rituele moorde waar liggaamsdele vir moetie gebruik word, meer as net ’n klag van moord te wees, het die minister van vrouesake, die jeug, kinders en gestremdes Maandag gesê. “‘n Mens wat doodmaak vir liggaamsdele pleeg nie alleen moord nie, maar skend ook menseregte,” het Noluthando Mayende-Sibiya in Pretoria by ‘n indaba
‘Ons is bruin, nie wit nie’
Vraag nommer 9 op die jongste Amerikaanse sensusvorm het Latyns-Amerikaanse burgers aan die kopkrap. Jessica Valenzuela, ‘n onderwyseres van Avondale, is maar een geval. “Ek weet nie wat om te antwoord nie,” sê sy. Die vraag is aan watter ras die invullers van die huishouding behoort. Die keuses is wit, swart, Indiaans, Alaskaboorling, verskeie Asiese
Die digste element in die heelal is ontdek
‘n Groot navorsingsinstituut het so pas aangekondig dat hulle die digste element in die heelal ontdek het. Die nuwe element heet Ancenium. Ancenium het een neutron, 12 assistent-neutrone, 75 adjunkneutrone en 224 assistent-adjunkneutrone. Dit gee aan Ancenium ‘n atoomgewig van 311, die swaarste wat tot op hede aan die wetenskap bekend is. Donker kragte wat
