Mamelodi oproerig

Twee betogers is Dinsdagmiddag in Mamelodi-oos in hegtenis geneem vir openbare geweld. Die polisie is steeds besig om woedende betogers te kalmeer.

Die betogers het motors met klippe bestook.

Volgens kapt. Johannes Maheso, polisiewoordvoerder in Pretoria sal die polisie ‘n wakende ogie in die gebied hou totdat alles onder beheer is.

Die polisie het vroeër op inwoners met rubberkoeëls geskiet. Die inwoners betoog oor beter dienslewering in die gebied.

Betogers het Maandagaand begin oproerig raak en het paaie met klippe versper.

Dinsdag het hulle motorbande gebrand en klippe na verbygaande motors gegooi, het Maheso gesê.

Volgens Maheso is ‘n paar huise ook deur die klipgooiery beskadig. Baie mense moes ver afstande loop vir vervoer om minibustaxi’s te haal om te gaan werk.

 

принцесса диснеяДанильченко Юрий прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae