Moetiemoorde moet vasgevat word sê minister

Ingevolge wetgewing behoort rituele moorde waar liggaamsdele vir moetie gebruik word, meer as net ’n klag van moord te wees, het die minister van vrouesake, die jeug, kinders en gestremdes Maandag gesê.

“‘n Mens wat doodmaak vir liggaamsdele pleeg nie alleen moord nie, maar skend ook menseregte,” het Noluthando Mayende-Sibiya in Pretoria by ‘n indaba oor rituele moorde gesê.

“Ons moet ‘n afsonderlike kategorie skep waar hierdie soort oortedings en motiewe aangemeld word,” het die minister gesê.

Sy sê bestaande wetgewing moet aangepas word om slagoffers van moetiemoorde beter beskerming te bied.

Mayende-Sibiya het verwys na die moetiemoord op Masego Kgomo (11) van Soshanguve vroeër dié jaar waarin haar privaatdele verwyder is.

Sy het ook gesê mense wat in liggaamsdele handel dryf, behoort ook aan die pen te ry.

Mayende-Sibiya het gesê sensitiwiteit oor rituele moorde in die strafregstelsel moet verhoog word om die barbaarse motiewe wat tot sulke gruweldade lei, met toepaslike strawwe te beantwoord.

Sy het gesê baie meer navorsing moet ook gedoen word sodat ons die bygelowe en mites van tradisionele genesing kan verstaan.

“Ons moet probeer verstaan wat tot sulke aaklike dade teen vroue en kinders lei,” het sy gesê. “Watter voordele is daar om medisyne van liggaamsdele te maak eerder as van plante, byvoorbeeld?”

Sy het die insette van tradisionele genesers verwelkom en mense afgeraai om heksejagte uit te voer wat dikwels ouer vroue daarvan verdink dat hulle heksery bedryf.

free real casinoлобановский александр фото