62 vas vir openbare geweld in Durban

Twee-en-sestig studente is Dinsdag vir openbare geweld in hegtenis geneem tydens ‘n betoging by Durban se Universiteit van Tegnologie, het die polisie in KwaZulu-Natal gesê.

“Die studente het oproerig geraak en polisievoertuie met klippe bestook. Een polisieman is tydens die betoging beseer. Die 62 studente staar klagtes van openbare geweld in die gesig,” het supt. Vincent Mdunge gesê.

Die universiteit se eiendom is beskadig asook sommige motors wat aan personeellede behoort.

Die studente sal Woensdag in Durban se landdroshof verskyn. Die universiteit het aangedui dat hulle dissiplinêre stappe sal neem teen diegene wat die eiendom beskadig het.

Een student is beseer nadat hy deur ‘n rubberkoeël in die gesig getref is.

Durban se Universiteit van Tegnologie het aangekondig dat alle kampusse tot Woensdag gesluit sal wees.

Die studente betoog omdat hulle wil hê die universiteit moet die aantal busse na en van kampus verhoog. Hulle wil ook hê dat goedkoper verversings op kampus te koop aangebied moet word.

луч прожектораалександр лобановский супермаркет класс