President Mbeki het gister in sy weeklikse nuusbrief vir Manto Tshabalala-Msimang, minister van gesondheid, verdedig. Dit volg op die onlangse herrie wat ontstaan het na aanleiding van die abnormaal hoë babasterftesyfer van die Frere-hospitaal in die Oos-Kaap.
In ’n filosofiese relaas van “feite teenoor fiksie” meen Mbeki diegene wat die situasie by die hospitaal gekritiseer het, jok. Die Daily Dispatch het naamlik ’n artikel gepubliseer waarin beweer word dat 2 000 babas oor die afgelope veertien jaar by Frere-hospitaal doodgebore is. Verlede maand het nie minder nie as 43 babas gesterf. Adjunkminister Nozizwe Madlala-Routledge het die hospitaal besoek die dag nadat die nuusberig verskyn het. Sy het na die situasie by Frere verwys as simptomaties van die “nasionale krisis” in die openbare gesondheidsektor.

Adriaan Vlok het homself enkele maande gelede verneder deur die radikale teoloog, Frank Chikane, se voete te gaan was. Nou ontvang hy sy verdiende loon met die nuus dat hy waarskynlik vervolg gaan word.