Hermann Giliomee is heeltemal korrek deur in vandag se Burger uit te wys dat beskuldigings van “Nazi!” en “Volkmoordenaar!” nie redelike politiek bevorder nie. Terselfdertyd wys hy egter daarop dat die stigmatisering van die vorige bewind se sogenaamde apartheidsbeleid ewe onredelik geskied het.
Deur middel van sy “doel-heilig-die-middel”-strategie het die ANC en sy bondgenote ’n oorwinning oor die ou NP behaal waarvan mens net kan droom: die hele bolwerk van die ou orde het in duie gestort. Al wat oorbly van daardie eens magtige politieke masjien is ’n onderdanige Marthinus van Schalkwyk wat tans as minister van omgewingsake dien.
Lees verder: Nasionale spel is om iemand ‘n Nazi of rassis te noem
