Vir die grootste deel van die afgelope dekade was Zheng die gesig van China se verbruikersveiligheidsmaatreëls. Hy het eers as uitvoerende beampte in die farmaseutiese bedryf diens gedoen, voordat hy as die eerste Staatsadministrateur vir Voedsel en Geneesmiddels aangestel is. Dié liggaam is ‘n 1998 in die lewe geroep en is soortgelyk aan die Amerikaanse FDA (Food and Drug Administration)
Zheng se uiters magtige Administrasie moes alle nuwe geneesmiddels goedkeur asook lisensies vir die uitreiking van voedsel en farmaseutiese fabrieke koördineer. Volgens ‘n plaaslike bron, het een so ‘n "goedgekeurde" antibiotikum eers 10 pasiënte laat sterf voordat dit teruggetrek is. In 2005 – die jaar waarin Zheng gearresteer is – het die Gesondheidsministerie 34 000 voedselverwante siektes aangemeld.
Gegewe die feit dat China ‘n reuse bevolking van 1.3 miljard mense het, is dit nogtans nie baie nie. Die hof het beslis dat Zheng se grootste misdaad was dat hy sy gesin en homself verryk het deur sy posisie te misbruik.
Die Chinese nuusagentskap, Xinhua, het die hofuitspraak aangehaal wat die feit bekla het dat "Zheng sy mag deur die Staat aan hom toevertrou nie ernstig en eerlik aangewend het nie en die belange van die mense geïgnoreer het deur omkoopgeld te aanvaar." Dit het weer gelei tot "uiters benarde maatskaplike gevolge".
Die besondere swaar straf mag daarop gemik wees om verbruikersvertroue in China sowel as elders te herstel. Vandeesmaand is derduisende buisies tandepasta in Australië, Panama en die Dominikaanse Republiek inderhaas van winkelrakke verwyder omdat dit gevaarlike hoeveelhede van ‘n toksiese middel bevat wat normaalweg vir die verkoeling van enjins gebruik word.
In April het die VSA China daarvan beskuldig dat hulle giftige troeteldierkos vrygestel het wat tot die dood van talle honde en katte gelei het. Drie deelstate in Amerika het intussen ook ‘n verbod op sekere visinvoere vanaf China geplaas nadat dit aan die lig gekom het dat die vis ‘n ontoelaatbare antibiotikum bevat.
