Laurent Nkunda Laurent Nkunda is steeds in beheer van die DRK se sterk rebellebeweging en 'n teenstaander wat sy gesag uitgedaag het, gaan van hoogverraad aangekla word, het 'n woordvoerder Dinsdag gesê. Die BBC het beweer dat offisiere van die NKVM Maandag klaarblyklik vir Nkunda ontslaan het. 'n Verklaring wat geteken is deur die rebelle
Lees verder: Dissident binne Kongolese rebellebeweging ‘het verraad gepleeg’

Leon Panetta, 'n voormalige lid van die kongres en die Withuis se stafhoof is deur Barack Obama gekies om die nuwe hoof van die CIA te wees. Die keuse, wat Maandag bekend gemaak is, het onmiddellik divisie in die party ontbloot nadat twee senior mense gevra het hoekom Obama 'n kandidaat nomineer wat baie beperkte ervaring het van intelligensie aangeleenthede.
Israel het Dinsdag vir die vierde dag voortgegaan met sy grondoffensief in die Gaza strook, ten spyte van nuwe internasionale oproepe vir 'n skietstilstand in 'n konflik waarin meer as 540 Palestyne reeds dood is.