Dene onttrek uit Suid-Soedan na hulpwerkers geskiet word

Onbekende gewa­pende mans het twee ­noodlenigingswerkers in Suid-Soedan ­doodgeskiet. Dit sal ’n invloed op die werksaamhede van die Deense groep, die Danish Demining Group (DDG) hê, wat landmyne in die suidelike Yei-streek onskadelik stel. Volgens ’n verklaring van DDG was die twee oorledenes deel van ’n groep van sewe wat van hul basis in Yei

Lees verder: Dene onttrek uit Suid-Soedan na hulpwerkers geskiet word

Afrikanervroueregter verwerp staat se argumente om Janusz Walus in die tronk te hou

‘n Beleefde regter in Pretoria, en boonop ‘n Afrikanervrou, het vandag geskiedenis gemaak deur die staat se desperate argumente om Janus Walusz in die tronk te hou, tydens ‘n aansoek om verlof tot appèl te verwerp. Die linkse media, waaronder die Business Day, Mail & Guardian en News24, het in die aanloop tot vandag se

Lees verder: Afrikanervroueregter verwerp staat se argumente om Janusz Walus in die tronk te hou

Duitsland is beter: Repliek op Dan Roodt se ‘Hokaai, moenie emigreer nie’

Ek is in Duitsland gebore, maar het in Suid-Afrika grootgeword. Tien jaar gelede het ek egter Duitsland toe geëmigreer. Hoewel nie ideaal nie, is dit vir my beter hier. Ek antwoord punt vir punt op dr. Roodt se stellings in sy rubriek Hokaai, mense! Moenie emigreer nie. Nou die dag gesels ek met ‘n studente

Lees verder: Duitsland is beter: Repliek op Dan Roodt se ‘Hokaai, moenie emigreer nie’

Parys-plaasaanval: Valke rand glo werkers aan

Dit blyk dat die Valke swart plaaswerkers glo aangerand het sodat hulle valse verklarings teen hul wit werkgewers maak. Die twee plaaswerkers het intussen ‘n klagte van aanranding teen lede van die Valke by ’n polisiekantoor in Klerksdorp aanhangig gemaak, en die dossiere is aan die Buffelshoek-polisiekantoor in Noordwes oorhandig. Die polisie se onafhanklike klagtedirektoraat

Lees verder: Parys-plaasaanval: Valke rand glo werkers aan

Liggaam van vermiste hengelaar gevind

Polisieduikers het vanoggend die liggaam van Louis Jacobus Lotter uit die Vaaldam gehaal, nadat hy Sondag daar vermis geraak het. Volgens Gautengse polisiewoordvoerder, Shado Mashobane, het die 43-jarige Lotter, van Meyerton, glo oor die kant van sy kano geval terwyl hy besig was om te hengel. Lotter se familie het gesien hoe hy van sy

Lees verder: Liggaam van vermiste hengelaar gevind

Bloemfontein-verkragter vasgetrek

Die polisie in Bloemfontein het mense bedank vir hul behulpsaamheid en die verskaffing van inligting wat daartoe gelei het dat ‘n gesoekte vermeende verkragter en rower aangekeer is. Die 32-jarige verdagte is Woensdagmiddag by Bochabela in die stad by ‘n vriend se huis deur lede van die Parkweg-polisiekantoor in hegtenis geneem. Polisiewoordvoerder, Chaka Marope, sê

Lees verder: Bloemfontein-verkragter vasgetrek

Welkom-aanvallers nog op vrye voet

Die swart aanvallers wat ‘n vrou van Welkom verras het terwyl sy gebid het, is nog nie vasgetrek nie. Die 41-jarige vrou was voorverlede Vrydag in die vroeë oggendure in haar huis in Bedelia langs haar bed in ‘n knielende posisie toe sy bewus geword het van iemand wat naby haar is. Polisiewoordvoerder, Stephen Thakeng,

Lees verder: Welkom-aanvallers nog op vrye voet

Mantashe maan ANC om saam te staan na Gupta-skandaal

Die Sekretaris-Generaal van die ANC, Gwede Mantashe, het ‘n beroep op die drieparty-alliansie gedoen om saam te staan om die Gupta-skandaal die hoof te bied. Mantashe het Woensdag op ‘n provinsiale beraad van die alliansie in Kimberley gepraat. Hy het gesê dit is die plig van die drieparty-alliansie om hul kragte saam te snoer om

Lees verder: Mantashe maan ANC om saam te staan na Gupta-skandaal

Uitspraak oor appèl teen Walus-vrylating Donderdag verwag

Die uitspraak in die Minister van Justisie se aansoek om appél teen parool vir Janusz Walus sal waarskynlik Donderdag in die Pretoriase Hooggeregshof gelewer word. Walus dien lewenslange tronkstraf uit vir die moord op die voormalige SAKP-leier, Chris Hani, terwyl voormalige ANC-terroriste amnestie gekry het. Die minister, Michael Masutha het aangevoer dat die skeiding van

Lees verder: Uitspraak oor appèl teen Walus-vrylating Donderdag verwag

Afrika-paspoort vir vasteland teen 2018?

Die Windhoek-verdrag oor lugvaartveiligheid en fasilitering in Afrika is onlangs in die hoofstad deur belanghebbendes in lugvervoer in Afrika ná die ministeriële konferensie onderteken wat aan die begin van die maand afgeskop het. Een van die besluite is die moontlikheid van ’n algemene Afrika-paspoort vir die vasteland teen 2018. Die ministeriële konferensie is deur meer

Lees verder: Afrika-paspoort vir vasteland teen 2018?