Deur Johann Theron. “Mnr X” was ‘n skuilnaam vir George Kennan wat in 1947 die artikel “The sources of Soviet conduct” in die tydskrif Foreign Affairs laat publiseer het. Hierdie artikel het die groei en toekomstige val van die Sowjet-Unie beskryf en hoe hierdie “val” faktore vervroeg kon word. Volgens ‘n opname deur die National
Babaverkragtingsvraag in eindeksamen is ‘siek’
Ontsteltenis heers dwarsoor die land by leerlinge in Dramatiese Kunste wat Maandag tydens hul matriekeindeksamen ‘n vraag oor ‘n toneel met ‘n babaverkragting moes beantwoord. Volgens ‘n berig van Sapa, gaan ouers en leerlinge die departement van basiese onderwys versoek om die 15 punte aan alle leerlinge wat die eksamen moes aflê, toe te ken.
Kenyatta moet verhoor bywoon sê ISH
Die Internasionale Strafhof het ‘n beslissing omgekeer waarvolgens die Keniaanse president, Uhuru Kenyatta toegelaat is om slegs dele van sy verhoor by te woon. Die hof het nou bepaal dat Kenyatta wel teenwoordig moet wees in die hof in Den Haag. Die hof sê enige toekomstige versoeke om dele van die verhoor nie by te
Angola ontken anti-Islam-berigte
Angola is tans ‘n warm onderwerp van bespreking in die internasionale media nadat nuus regoor die wêreld gebreek het nadat dié land Islam verbied het en begin het om moskees af te breek. Moslems het woedend gereageer na bewerings dat Islam in Angola geteiken word. Maar ‘n amptenaar by die Angolese ambassade in Washington, DC,
Droogtehulp aan boere in Noordwes
Boere in Noordwes wat aansoek gedoen het vir droogtehulp, gaan aanhou om voer te kry om die impak van die droogte op hul lewende hawe te verlig. Voer sal aan 23.000 boere in die provinsie verskaf word. Meer as 14.000 sakke is sedert verlede week versprei. Die departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling sê meer
Agliotti direk met Krejcir verbind
Glenn Agliotti, die dwelmbaas en vertroueling van die oudpolisiehoof Jackie Selebi, is regstreeks met Radovan Krejcir verbind. Katerina Krejcirova, vrou van die Tsjeggiese voortvlugtige, se naam eergister in Agliotti se sekwestrasieverhoor genoem, nadat dit aan die lig gekom het dat Agliotti geld by geleen het by Groep Twee Beleggings. Groep Twee het ook aan ene
Krejcir se Duitse vriend gearresteer
‘n Duitse man wat glo al vir die afgelope agt jaar onwettig in Suid-Afrika woon, is in hegtenis geneem by sy huis in Kibler Park, suid van Johannesburg, Dinsdag , het die departement van binnelandse sake gesê. “Willi Breuer word tans aangehou by Lindela-repatriasiesentrum en wag vir deportasie,” het ‘n woordvoerder van die departement Thapelo Moeng
Lyk van vrou wat glo verkrag is, gevind in George
Die lyk van ’n 25-jarige vrou is in die agterplaas van ’n huis in George in die Suid-Kaap gevind. Kapt. Bernadine Steyn het gesê ’n vriend het op die 25-jarige Belinda Paulsen se liggaam in Versfeldstraat in die bruin woonbuurt Conville afgekom. “Die liggaam was gedeeltelik geklee en het op ’n matras gelê in ’n
Lees verder: Lyk van vrou wat glo verkrag is, gevind in George
Frankryk stuur soldate om SAR-chaos te verhoed
Frankryk gaan soldate na die Sentraal-Afrikaanse Republiek (SAR) stuur om stygende chaos in die land te verhoed. Die aankondiging deur die Franse minister van verdediging, Jean-Yves Le Drian, volg ‘n dag nadat ‘n amptenaar van die Verenigde Nasies (VN) gewaarsku het teen grootskaalse menseregteskendings asook die gevaar van ‘n moontlike burgeroorlog wat dreig in een
Oproermakers waarsku Kapenaars om winkels Vrydag te sluit
‘n Groep oproeriges wat verlede maand op ‘n gewelddadige plundertog in die Kaapstadse middestad gegaan het, het sake-ondernemings gewaarsku om Vrydag hul deure te sluit. Nóg ‘n opmars word vir Vrydag beplan en sowat 50 000 inwoners word verwag, berig die Cape Times. Die Cape Town Informal Settlements Organisation beplan om na die Wes-Kaapse wetgewer
Lees verder: Oproermakers waarsku Kapenaars om winkels Vrydag te sluit
